Thursday, December 8, 2011

Waar Christus wêreldwyd gepredik word, met wonders en tekens

'n Paar hoogtepunte in Joel Hitchcock Bedieninge:  (Daar is geen klank op hierdie video nie).



Een van die hoogste waarhede t.o.v. die geloof in die Here Jesus Christus is dit van Christus in julle, die hoop van heerlikheid (Kolossense 1:27, 1983 Vertaling).  

‘n Kovalente Vereeniging van God en ons is teweeggebring wanneer ons onsself met die Seun van God identifiseer.


Deur hierdie identifikasie met Chrisus ondervind ons Sy lewe, dood, opstanding, sowel as Sy verhoogde posisie waar ons saam met Hom sit in hemelse plekke, in Christus Jesus.


Die Gelowige word ook deel van die Goddelike Natuur.  Hy/haar persoonlikheid word geheilig soos wat hy progressief die eintlike natuur van Jesus Christus begin openbaar.


Dit is deur die Naam van Jesus Christus dat die Gelowige ‘n unieke amassadeur van God word, uniek daarin dat die Stuurder Homself binne in ons woon.


Omdat Jesus Christus dan dieselfde is gister, vandag en tot in alle ewigheid, en omdat die Gelowige gevul word met Hom, kan ons dan ook verwag dat daar in ons ook ‘n dinamiese kontinuiteit van die bonatuurlike realm sal plaasvind – net soos ons Here Jesus Homself dit geopenbaar het.


Daar is ‘n uitskyning vand die Goddelike Inwoning soos wat die Seun van God nie net in ons  geopenbaar word nie, maar ook soos wat Hy deur ons geopenbaar word.


In hierdie boek het Joël Hitchcock van die hoogste waarhede van sy lewe en bediening neergepen.  Dit is sy gebed dat hierdie lering ‘n bewuswording van die inwoning van Jesus Christus in jou sal ontwikkel.


***

Die Ewige God het Homself met ons geidentifiseer deur 'n Normale Mens te word:  Jesus Christus, die Seun van God. 

Hy het 'n Sondelose Lewe geleef, gebrandmerk met Wonderwerke en Krag. 

Deur Geloof, Vereenselwiging en Identifikasie met Sy Versoenende Dood en Letterlike Opstanding word 'n Verenigende Kovalensie en Sy Inwoning in ons tot stand gebring. 

Christus in Jou -- die Hoop van Heerlikheid... 

Wonderwerke, Tekens en Wonders is Bonatuurlike Manifestasies van die Gees van Jesus Christus.

 Vertrou Hom Vandag.  Laat Sy Genesende Krag deur jou vloei.  Laat Hom in jou woon...  

Video: 'n Paar hoogepunte in Joël Hitchcock se Wêreldevangelisasie en Genesingsbediening (Geen klank)

  

Joël Hitchcock Bedieninge,
P/A Posbus 2835, Montanapark, Pretoria 0159. 
Kontak persoon in Suid Afrika: Elaine Hitchcock by 082-924-8389

Joel Hitchcock Ministries, PO Box 936, Georgetown DE 19947, USA 302-856-6848

Click here for English Website

Vir die kerk wat gelei word deur Pastoor Joel en Heidi Hitchcock in Georgetown, Delaware (VSA), 'n opwindende Pinkster, Charismatiese, Geloofswoord, Kruis-van-Christus predikende gemeente in Sussex County in die VSA deelstaat Delaware, besoek gerus www.rivercity.co ...