Genesingswonderwerke

Ons sal hier 'n paar fotos en getuienisse plaas oor genesingswonderwerke wat die Here deur Joel Hitchcock Bedieninge doen...

Skares kom byeen vir 'n evangelistiese genesingsdiens in Indië

Dowe oor genees in Indië

Hierdie man sê dat gedurende Joël se algemene publieke gebed vir die genesing van siekes dat hy "'n Hand" gesien wat hom kom aanraak het.  Toe hy sy abnormale dik brille afvat kon hy duidelik sien daarsonder.  Joël vra hom toe Wie se Hand hy dink dit was, en hy antwoord toe "Die Hand van Jesus!"


Genesing word aan 'n vrou uit die Banjara (Gypsy) stam in Indië bedien.  Let tog haar stok op in Joël se hand.  Let ook die dame links op.  Dit is vir mense soos dié dat Jesus gekom het en in Sy liefde, krag en meegevoel genesing bring.



Hierdie outjie se moeder sê haar sy oê is van blindheid deur die Groot Geneesheer, Jesus Christus genees.


Joël se vertaler verneem van hierdie man af dat hy nou kan hoor uit ore wat totaal en al doof was.

Hierdie oom en tannie sê hulle het nou geen pyn nadat daar vir hulle gebid is nie.

Hy sê hy het geen pyn in sy arm en skouer nie.  Voorheen kon hy nie eers sy arm oplig nie.

Haar oog was blind, maar sy sê sy kan nou sien.

 
Joël bedien die siekes.


Joël bedien hier genesing aan 'n Ugandese vrou.  Sy sê sy kan nou baie beter loop soos wat sy nie voorheen kon gedoen het nie.

Joël bedien genesing en verlossing aan die mense van Gulu, Uganda.  Verskeie mense het demoniese manifestasies openbaar, soos bv. om soos slange in die stof te wiegel en skreeu.  Maar die krag van die Bloed van die Lam van God en die Naam van Jesus het wonderbaarlike verlossing vir hulle teweeggebring.


Hier bid Joël vir 'n Oumatjie in Eersterust. 



Hier loop sy rond nadat daar vir haar gebid was. Sy kon nog nie perfek loop nie, maar die verbetering was baie duidelik.

Joël bedien die siekes in Hyderabad, Indië.  Die mense is desperaat om genesing in Jesus Christus te ontvang.




Een van die verskeie kinders van die Skool vir die Dowes wie nou kan hoor nadat daar vir hulle gebid was in Gulu, Uganda.


Sy is diep aangeraak deur die Gees van God in Eersterust naby Pretoria.




Joël bedien goddelike genesing aan die mense van Kothaghudem, Indië



Hierdie vrou se oor was doof, maar sodra sy op die plaform gestap het, het haar oor oopgegaan in De Deur, Suid Afrika.


Hierdie vrou se dowe oor het oopgegaan terwyl sy voor in die altaararea gestaan het.  Hier beduie sy waar sy gestaan het toe haar oor oopgegaan het. De Deur, Suid Afrika.


Hierdie oumatjie se een been was korter as die ander een.  Voor ons oë het haar een been uitgegroei - presies dieselfde lengte. Sien die foto onderaan. De Deur, Suid Afrika.


Nadat daar vir haar gebid is, is haar een been nou presies so lank as die ander een.  Voor gebed was dit omtrent 2 1/2 cm korter as die ander een. De Deur, Suid Afrika.

Genesing vir die Noorweërs.



Joël Hitchcock Bedieninge,
P/A Posbus 2835, Montanapark, Pretoria 0159. 
Kontak persoon in Suid Afrika: Elaine Hitchcock by 082-924-8389

Joel Hitchcock Ministries, PO Box 936, Georgetown DE 19947, USA 302-856-6848

Click here for English Website