VSA Tent Veldtogte

Die tent is 56 meter lank en 40 meter wyd en 14 meter hoog.

Een van my Tentveldtogte in Amerika


 
In Oktober 1994 het die Here tot my hart gespreek en gesê Hy wil hê ek moet Amerika toe gaan. Ek het Hom gehoorsaam en daar geland in Februarie 1995.    
Op my eerste Sondag daar het ek weer Sy stem gehoor. Hy wou hê ek moes deel wees van 'n groot herlewing wat Hy na hierdie land bring.  Nie lank daarna nie was ek getroud met my penvriendin Heidi na 3 ¼ jaar se geskryf, en het hier begin woon. Die Here het ons geseën met vier pragtige kinders en ons het van die Ooskus tot die Weskus die Evangelie gepreek.
Ek glo Amerika se mees wonderlike dae lê nog vir haar voor. Ek vertrou ons gaan nog selfs 'n groter uitstorting van die Gees van herlewing en vernuwing in haar kerke sien, wat sal manifesteer in 'n Groot Ontwaking onder die groter bevolking.
Deur die Here se genade het ek in baie veldtogte in kerke en konferensies gepreek, sowel as in ons groot Evangelie Tent, en ook in die opelug, op die strate en in 'n oop veld.  
Joël Hitchcock Bedieninge, P/A Posbus 2835, Montanapark, Pretoria 0159. 
Kontak persoon in Suid Afrika: Elaine Hitchcock by 082-924-8389

Joel Hitchcock Ministries, PO Box 936, Georgetown DE 19947, USA 302-856-6848

Click here for English Website