Wie is Ons?

'n Vereniging met God deur Christus in Ons

Dr. Joël Hitchcock (Evangelis)

Ek was maar 8 jaar oud toe ek ‘n openbaring ondervind het ten opsigte van God se alwetendheid. Hierdie openbaring het my gelei om ‘n besluit te maak dat ek eendag ‘n prediker van God se Woord sou word. Ek preek toe my eerste boodskap toe ek 12 was, en het toe ek ook my hele Bybel (Ou Afrikaanse Vertaling) kort daarna van Genesis tot Openbaring deurgelees.


Eendag het ek ‘n nuusbrief ontvang van een van Suid Afrika se top evangeliste, wie sy lesers probeer oortuig het om vir ‘n dag te vas. Alhoewel ek maar 13 jaar oud was op daardie tydstip, het ek wel so gedoen, en dit was toe dat ek die klank van God se stem vir die eerste keer in my gees gehoor het. Sy woorde was duidelik: “My seun, Ek wil hê jy moet 'n evangelis word.”


Toe ek 16 was het Kol. 3:17 my verbeelding aangegryp, naamlik dat watookal ek doen of sê, dat ek dit moes doen of sê asof dit Jesus was. Gedurende sekere tye het ek eenvoudig gesit en wag totdat 'n bewuswording oor my gekom het dat Christus in my was – dat ek in Sy Naam en in Sy plek lewe.


In Sy aardse leeftyd het ons dierbare Here Jesus bedien in krag, gesag, liefde en bonatuurlike wonderwerke. 'n Begeerte het in my begin groei om Jesus te op so 'n manier te verteenwoordig. Later het ek dit beter verstaan, naamlik dat dit deur Christus binne in my is dat die bediening van wonderwerke, wonders en tekens 'n groter realiteit sou word.

Ek was eers Bybelskool toe, en nadat ek eers as 'n kapelaan in die SAW bedien het, het ek begin preek in baie kerke in die platteland sowel as in stede regoor Suid Afrika, die Verenigde State, Europa en Afrika.  Deur die Here se genade het groter skares in Indië, Pakistan, Afrika en Suid Amerika my dienste en veldtogte begin bywoon.

In Desember 2000 het ek die Here se aangesig weereens baie intens gesoek, en Hy het weereens my versugting om meer soos Jesus te wees hernu, en weereens het Hy in my daardie gewaarwording van Christus binne in my begin ontwikkel. In baie opsigte val ek nog kort t.o.v. hierdie glorieryke begeerte, maar hoe meer ek hierdie pad loop begin ek agterkom dat daar meer van Hom is en minder van my is as tevore.


Ek begin ook meer duidelik verstaan dat my vereniging met God slegs moontlik gemaak is deur Sy vereniging met ons – toe die Ewige God 'n mens geword het, gelewe het, gesterwe het en uit die dood uit opgestaan het, en dat Hy 'n inwoning in ons teweegbring wanneer ons ons geloof in Hom plaas. Dit is in ons vereenselwiging met Hom dat ons onsself in Hom gekruisig en opgewek beskou en aan die binnekant deur Hom bewoon word.


God in ons. Christus in jou. Christus in julle, die hoop van heerlikheid.


Dit is my wens om 'n verlore wêreld aan my Jesus te kan voorstel, Wie van jou 'n nuwe skepping sal maak – 'n Godvervulde wese.
En dit is ook my hartsbegeerte om my medegelowiges meer te kan leer t.o.v. die krag wat ons in ons dra deur Hom Wie in ons woon.


Een van my vele Genesingsveldtogte:

Hierdie was my grootste evangelistiese genesingsveldtog ooit. 'n Totaal van byna 100 000 mense het die vyf dienste bygewoon, en omtrent 45 000 het die finale diens bygewoon.
 'n Paar van God se diensknegte wie ek liefhet en respekteer:




Met Dr. TL Osborne in 2009


Suid Afrikaanse evangelis Nicky van der Westhuizen Sr.



My oom, Evangelis John Hitchcock preek in Johannesburg op die straat.




Met die Duitse evangelis Reinhard Bonnke in 2005

Met Dr. Oral Roberts in 2009

In 'n onderhoud met Dr. Rodney Howard-Browne

Alhoewel hierdie nie my eie veldtog was nie, was dit die grootste skare wat ek al voor gepreek het. Evangelis Reinhard Bonnke het my gevra om 'n kort boodskap te preek voor Hy gepreek het.  Dit was in Ondo, Nigerië en daar was 'n half miljoen mense teenwoordig.  Ek bid dat my bediening eendag ook sulke skares sal trek.

Joël Hitchcock Bedieninge,
P/A Posbus 2835, Montanapark, Pretoria 0159. 
Kontak persoon in Suid Afrika: Elaine Hitchcock by 082-924-8389

Joel Hitchcock Ministries, PO Box 936, Georgetown DE 19947, USA 302-856-6848

Click here for English Website