Suid Afrika

Suid Afrika is 'n spesiale land.  


Nie net is daar 'n uniekheid in die feit dat ons voorsate 'n Gelofte met God afgelê het nie, maar groot herlewings en geestelike ontwakings soos onder Ds. Andrew Murray en Dr. John G. Lake, Cooper en Bowie het die geestelike atmosfeer belaai met potensiaal om hierdie land te laat skyn met God se heerlikheid.  Ons bid dat die Here nog 'n groot werk in hierdie land sal doen.  
Dr. Joël Hitchcock en sy familie hou nog elke jaar Geloftedag.
Die volgende is twee geskiedkundige gebede vir Suid Afrika en spesifiek vir die Afrikanervolk - eerstens Jan van Riebeeck se gebed, en tweedens die Gelofte self.

Jan van Riebeeck se gebed:


Toe Jan van Riebeeck op 6 April 1652 in die Kaap geland het met die Dromodaris, Reiger en Goede Hoop, het hy daarmee saam die saad van die Christelike geloof gebring, soos weerspiel word in 'n dramatiese gebed wat hy oor Suid Afrika se toekoms bid.

Dis geen wonder dat hierdie land so geseen sou wees met ander geloftes en Christelike vernuwing, soos van die Voortrekkers se begeerte (bv. Piet Retief) om die evangelie saam met hulle Groot Trek na die inboorlinge toe te neem, die Bloedrivier Gelofte van 1838, die herlewing onder Ds. Andrew Murray, die Paardekraal Gelofte en die groot na-oorlogse Gees vernuwing gedurende Dr. John G Lake se bediening in 1908.

Hier is daardie gebed:

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u Goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat.

Daarom bid ons U, Allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly.

Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer.

Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus ... wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, ... Amen 

( http://janvanriebeeckgebed.blogspot.com) 

Die Gelofte


Op 9 Desember 1838 het Sarel Cilliers die Burgers in 'n unieke Gelofte gelei, bekend as Die Bloedrivier Gelofte of Die Voortrekker Gelofte. Vir sewe dae was hierdie Gelofte herhaal totdat die Slag van Bloedrivier plaasgevind het op 16 Desember 1838. 28 jaar daarna, op 16 Desember 1866 is die Burgers en die Zoeloes met mekaar versoen en 'n "ewigdurende vriendskap" met mekaar bevestig. Die dag van die Gelofte word tot vandag toe nog jaarliks deur toegewyde Afrikaners wereldheen op 16 Desember gevier.

Die Gelofte in Afrikaans:

"My Broeders en Mede-landgenote, hier staan ons op hierdie oomblik voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy in sy beskerming met ons sal wees, en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee."

Die Gelofte in Nederlands:

"Mijne Broeders en Mede-landgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van Hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons zal wezen, en onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elk jaar als en verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen; en dat wij een tempel to Zijn eer stichten zullen, waar het Hem zou behagen; end dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten.  Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheelikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zal worden gegeven."

The Vow in English:

Here we stand before the Holy God of heaven and earth, to make a vow unto Him that, if He will protect us and give our enemy into our hand, we shall keep this day and date every year as a day of thanksgiving like a sabbath, and that we shall erect a house to His honor wherever it should please Him, and that we also will tell our children that they should share in that with us in memory for future generations. For the honor of His name will be glorified by ascribing to Him the fame and honor for the victory.  

(www.gelofte.blogspot.com) 
 

Joël Hitchcock Bedieninge,
P/A Posbus 2835, Montanapark, Pretoria 0159. 
Kontak persoon in Suid Afrika: Elaine Hitchcock by 082-924-8389

Joel Hitchcock Ministries, PO Box 936, Georgetown DE 19947, USA 302-856-6848

Click here for English Website